Nuwe Baadjie New Jacket

Bekende Afrikaanse Sanger/Liedjieskrywer Jannie du Toit, in samewerking met ATKV en Vonk Musiek, nooi jou om sy musiek in

Placeholder Picture

te tooi.

Jannie du Toit se sangloopbaan lê soos ʼn goue draad wat die afgelope vyftig jaar deur die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musieklandskap kronkel. As deel van die Musiek- en Liriekbeweging van die laat sewentigs het hy nog altyd daarna gestreef om musiek en liriek in Afrikaans met mekaar te laat trou. Alhoewel hy aanvanklik deel was van die folk musiekgroep Trilogie wat in 1976 ʼn vermeldingsprys op die American Song Festival gewen het met hulle liedjie “Droom langs stille water”, het hy uiteindelik as solokunstenaar begin werk, juis omdat musiekmaak die ding is wat hy vir die res van sy lewe wil doen. Dit was veral “ʼn Liedjie vir jou” wat hy in 1978 geskryf het wat mense met ʼn waardering vir die luisterlied, regop laat sit het en aan hom ʼn platekontrak besorg het. Jannie het nie altyd net by Afrikaanse musiek gebly nie maar het ook gereeld in kabaretkonserte die musiek van Europese kunstenaars soos Jules de Corte en Jacques Brel gesing.

Jannie vier op 13 Desember 2021 sy 70 ste verjaarsdag en op hierdie dag skop die kompetisie, ʼn Nuwe Baadjie, af.

Jannie bied hierdie kompetisie in samewerking met die ATKV aan. Hierdie kompetisie is gemik op musikante van 35 jaar en jonger. Die idee is dat hulle een van Jannie se liedjies neem en daarvoor ʼn nuwe baadjie aantrek. Daar is 50 .mp3’s van Jannie se liedjies waarmee jong kunstenaars kan rondspeel soos hulle wil om aan Jannie se liedjies ʼn ander kleur te gee.

Daar is verskeie pryse, insluitend kontant prysgeld van tot R50,000 op die spel.

Inskrywings sluit om middernag op 13 Mei 2022.

'n Nuwe Baadjie projek aangebied deur:

Jannie du Toit

Kontak:  nuwebaadjie@agterplaas.co.za

in samewerking met:

ATKV

Vonk Musiek

thewebman.co.za